Groter Brandvlei Damstand:

Datum opdateer: Maandag, 12 Oktober 2026

Volume in dam:

miljoen m³

Styg/daal die week:

miljoen m³

Volume laasjaar:

miljoen m³

Oor Sentraal-Breërivier Watergebruikersvereniging

Die Breederivier Waterbewaringsraad is geproklameer as ‘n Besproeiingsraad op 21 Mei 1913, en het in Maart 1920 die “Maraismeer”, voorloper van die Brandvleidam, in gebruik geneem. Die Raad is in Augustus 2000 getransformeer na die Sentraal-Breërivier Watergebruikersvereniging (SBR WGV).

Die Vereniging bestaan uit vier subgebiede, te wete die Privaat Rivierpompe, Le Chasseur & Goree Subgebied, Robertson Subgebied, en Angora Subgebied. Die Vereniging beheer en monitor alle water wat stroomaf van die Groter Brandvlei Staatswaterskema by Worcester uit die Breërivier onttrek word, tot by die samevloei van die Cogmanskloofrivier.

Die Worcester-Oos WGV, Cogmanskloof Besproeiingsraad, en Zanddrift WGV is geaffilieer by die Vereniging. Die sake van 11 kleiner WGV’s word ook deur die Vereniging geadministreer.

Kontak ons:

Kontaknommer: 023 626 2451
E-posadres: kantoor@sbrwgv.co.za
Adres: Paul Krugerstraat 45, Robertson